Ayrton Senna | |
---|---|
Ayrton Senna by Imola in 1989
| |
Geboortedatum | 21 Maart 1960 |
Geboorteplek | São Paulo |
Sterfte | 1 Mei 1994 (op 34) Imola, Italië |
Volle naam | Ayrton Senna da Silva |
Nasionaliteit | Brasilianer |
Aktiewe jare | 1984 - 1994 |
Ou span(ne) | Toleman, Lotus, McLaren, Williams |
Inskrywings | 162 |
Kampioenskappe | 3 |
Oorwinnings | 41 |
Podiums | 80 |
Loopbaanpunte | 610 |
Voorste wegspronge | 65 |
Vinnigste rondtes | 19 |
Eerste F1-wedren | 1984 Brasiliaanse Grand Prix |
Eerste wen | 1985 Portugese Grand Prix |
Laaste wen | 1993 Australiese Grand Prix |
Laaste inskrywing | 1994 San Marino Grand Prix |
Ayrton Senna da Silva (21 Maart 1960 - 1 Mei 1994), beter bekend as Ayrton Senna, was 'n Brasiliaanse renjaer wat die Formule Een-wêreldkampioenskap drie keer verower het. Sy dood in 1994 word steeds deur baie Brasiliane betreur en hy bly tot vandag toe een van Formule Een se gewildste persoonlikhede, al was hy tydens sy loopbaan dikwels 'n meer omstrede karakter as wat deesdae aan hom toegedig word.